Competition in this pair is now closed. Source text in English Eroticism has this in common with an addictive drug: that there is a coercive element to its pleasure with which part of us is in complicity, and part not. Thus ever since time began men have been trying to enjoy eroticism without being destroyed by it. Societies, religions can be defined in the way they deal with this conundrum. Polygamy, monogamy with repression, monogamy with affairs, monogamy with prostitutes, serial monogamy. Not to mention individual solutions of great ingenuity, or desperation: Victor Hugo with the door knocked through the wall of his office, to let in a girl each afternoon. Auden's flair for finding call-boys in every town. Picasso who simply refused when wife and mistress demanded he choose between them. Then there is always the hair-shirt of course. But perhaps the thing to remember when you wake up with a life full of fresh paint and tortuous complications is that eroticism wasn't invented for you, nor merely for the survival of the species perhaps, but for a divinity's entertainment. Nothing generates so many opportunities for titillation and schadenfreude as eroticism. Which is why it lies at the centre of so much narrative. How the gods thronged the balconies of heaven to see the consequences of Helen's betrayal! And your friends are watching too. Your antics have put the shine on many a late-night conversation.
On the borders between mythology and history, that wily survivor Odysseus was the first who learnt to trick the gods. And perhaps his smartest trick of all was that of lashing himself to the mast before the Sirens came in earshot. There are those of course who are happy to stand at the railings, even scan the horizon. Otherwise, choose your mast, find the ropes that suit you: sport, workaholism, celibacy with prayerbook and bell... But the kindest and toughest ropes of all are probably to be found in some suburban semi-detached with rowdy children and a woman who never allows the dust to settle for too long.
| The winning entry has been announced in this pair.There were 3 entries submitted in this pair during the submission phase. The winning entry was determined based on finals round voting by peers.
Competition in this pair is now closed. | Eros
'n Essay deur Tim Parks.
Die erotiek is in een opsig net soos ‘n dwelmmiddel: sy genot is ‘n dwang waaraan ons deels medepligtig is, en deels nie. Van die vroegste tye af het mans probeer om die plesiere van die erotiek te geniet sonder dat dit hulle in die verderf bring. ‘n Mens kan ‘n hele samelewing en self ‘n godsdiens definieer na aanleiding van hoe hulle diè strikvraag hanteer. Daar is veelwywery, monogamie met beteueling, monogamie met buite-egtelike verhoudings, monogamie met prostitute en sommer ook reeksmonogamie - om nie eens te praat van individuele oplossings wat getuig van groot vindingrykheid - of groot raserny! Victor Hugo het deur sy kantoormuur gebreek en 'n deur laat insit om elke middag 'n jong dame in te laat; Audin had ‘n gawe om in elke dorp die seunsprostitute te vind; Picasso het volstrek geweier om onder druk van beide sy vrou en sy minnares te kies tussen hulle. En dan is daar natuurlik nog die boetekleed, wat sou help om versoekings te weerstaan...
Maar wanneer 'n mens ontwaak tot ‘n lewe wat ruik na vars verf en slinkse komplikasies, is dit miskien wys om te onthou dat die erotiek nooit vir jou onthalwe bedink is nie, en selfs nie eers vir die mens se oorlewing nie: nee, dis uit en uit daar vir die gode se vermaak. Daar is niks wat soveel geleentheid gee vir leedvermaak en ‘n verkneukelry ten koste van iemand anders nie as die erotiek. En dit is presies om hierdie rede dat die erotiek so dikwels die hoofkarakter in die verhaal speel. Hoe het die gode mekaar nie op die balkonne van die hemelruim verdring om die gevolge van Helena se verraad te aanskou nie! En net so hou jou vriende jou ook dop: jou manewales het beslis al menige laataandgesprek opgekikker.
Odysseus, daardie geslepe karakter wat op die grens tussen mitologie en geskiedenis loop, was die eerste man wat geleer het hoe om die gode te fnuik. Sy slimste slenter was sekerlik om homself aan sy skip se mas vas te bind voordat hy die lokroep van die Sirenes kon hoor. Daar is natuurlik diegene wat maar te graag oor die relings hang, en selfs op die uitkyk bly vir Sirenesang. Maar as dit nie jy is nie, kies jou mas en die tou wat jou pas: sport, of werksverslawing of selibaat met gebedeboekie en klok in die hande... En op die ou end sal jy tog vind dat die sterkste toue, gebonde met die diepste deernis, dié is van ‘n bondel lawaaierige kinders in ‘n voorstedelike meenthuis, met ‘n vrou wat jou op jou tone hou.
| Entry #4540
Winner Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
12 | 3 x4 | 0 | 0 |
| Erotiek het dit in gemeen met 'n verslawende dwelmmiddel: dat daar 'n dwang-element by die plesier daarvan is waarby sommige van ons medepligtig is, en sommige nie. Dus, sedert die vroegste tye probeer die mens om erotiek te geniet sonder om daardeur vernietig te word. Gemeenskappe en religieë kan gedefinieer word deur die manier waarop hulle hierdie raaisel hanteer. Poligamie, monogamie met onderdrukking, monogamie met verhoudings, monogamie met prostitute, reeksmonogamie. Om nie eers te praat van uiters vindingryke individuele oplossings of wanhopigheid nie: Victor Hugo wat ‘n gat deur sy kantoormuur geslaan het om elke middag ‘n meisie te kon inlaat. Auden se flair om manlike prostitute in elke dorp op te spoor. Picasso wat eenvoudig geweier het toe sy vrou en minnares geëis het dat hy tussen hulle moes kies. Dan is daar natuurlik altyd die boetehemp. Maar die ding om miskien te onthou wanneer ‘n mens wakker word met ‘n lewe vol vars son-geel blomme en bogtige besluite is dat erotiek nie vir jou uitgevind is nie, nie eers miskien slegs vir die oorlewing van die spesie nie, maar vir die vermaaklikheid van die godheid. Niks verwek soveel geleenthede vir prikkeling en leedvermaak as erotiek nie. Dis waarom soveel verhale hierom draai. Hoe het die gode nie die balkonne van die hemel volgestaan om die gevolge van Helena se verraad te aanskou nie! En jou vriende is ook besig om jou dop te hou. Jou manewales het al menige laatnag gesprekke opgekikker.
Op die grens tussen mitologie en geskiedenis was daardie uitgeslape oorlewende Odysseus dié een wat eerste geleer het hoe om die gode te kul. En miskien was die skerpste slenterslag van almal toe hy homself aan die mas vasgebind het voordat die Sirenes binne hoorafstand gekom het. Daar is natuurlik diegene wat dolgelukkig teen die skeepsreling staan en selfs na die horison tuur. Andersins moet jy maar jou mas kies en die toue kry wat jou pas: sport, werkverslawing, selibaatheid met gebedeboek en klokkie... Maar die sagste en moeilikste toue van almal is waarskynlik te vinde in een of ander voorstedelike skakelhuis met lawaaierige kinders en 'n vrou wat nooit toelaat dat die stof te lank bly lê nie.
| Entry #4810
Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
2 | 0 | 1 x2 | 0 |
| Erotiek en 'n verslawende dwelmmiddel het die volgende in gemeen:daar is 'n dwingende plesierelement waarmee 'n deel van ons wil, en 'n deel van ons nie wil saamwerk nie. Vanaf die vroegste tye het die mens probeer om erotiek te geniet,sonder dat dit 'n mens in die proses vernietig. Gemeenskappe en godsdienste kan gedefinieer word deur die wyse waarop hul die strikvraag probeer oplos. Poligamie, monogamie met terughouding, monogamie met buite egtelike verhoudings,monogamie met prostitusie,reeksmonogamie. Om nie eers te praat van individuele oplossings met groot vindingrykheid of desperaatheid nie: Victor Hugo met 'n spesiale deur in sy kantoormuur waardeur 'n jong meisie elke middag toegang kon verkry. Auden se vermoë om in elke dorp 'n katelknapie te kry. Picasso wat botweg geweier het om tussen sy vrou en sy minnares te kies. Daar is natuurlik altyd die monnikskskleed van onthouding. Maar miskien is die belangrikste om te onthou wanneer 'n mens een oggend wakker word in 'n nuwe lewe met folterende komplikasies, is dat erotiek nie slegs vir jou bedoel is nie; nie eers vir die oorlewing van die spesie nie, maar vir die vermaak van die gode. Niks verskaf soveel moontlikhede vir skinderklets en verlustiging in 'n ander se probleme as erotiek nie. Dit is hoekom dit die kern vorm van vele gesprekke. Hoe het die gode nie na die hemelse balkonne gestroom om die gevolge van Helena se verraad te aanskou nie! En jou vriende hou jou ook dop. Jou kaskenades het glans verleen aan menige laatnag gesprekke.
Tussen die grense van mitologie en geskiedenis, staan Odysseus,daardie geslepe ou oorlewende, wat die eerste ou was om die gode te kul.En miskien was die slimste set van almal om homself aan die maspaal vas te bind voordat die lokstemme van seenimfverleiding te naby kon kom. Daar is diegene wat tevrede is om teen die relings te staan en selfs die horison te bespied. Andersins, kies jou maspaal, vind die toue wat by jou pas: sport, werksverslawing, selibaatskap met gebedeboek en klok...Maar die sagste en ook sterkste toue word waarskynlik gevind in 'n voorstedelike skakelhuis met lawaaierige kinders en 'n op en wakker vrou wat nie toelaat dat die gras onder haar voete groei nie. | Entry #3625
Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
1 | 0 | 0 | 1 x1 |
| | | | | X Sign in to your ProZ.com account... | | | | | | ProZ.com translation contestsProZ.com translation contests offer a fun way to take a break from your normal routine while testing and honing your skills with fellow translators.
ProZ.com Translation Contests. Patent pending. |