Competition in this pair is now closed, and the winning entry has been announced. Discussion and feedback about the competition in this language pair may now be provided by visiting the "Discussion & feedback" page for this pair. Entries may also be individually discussed by clicking the "Discuss" link next to any listed entry. Source text in English We're accustomed to glamour in London SE26: Kelly Brook and Jason Statham used to live above the dentist. But when Anouska Hempel's heels hit the cracked cement of the parking space outside my flat, it's hard not to think of those Picture Post photographs of royalty visiting bombed-out families during the second world war. Her mission in my modest tract of suburbia is, however, about more than offering sympathy. Hempel—the woman who invented the boutique hotel before it bore any such proprietary name—has come to give me information for which, judging by the spreads in interiors magazines and anxious postings on online DIY forums, half the property-owners in the Western world seem desperate: how to give an ordinary home the look and the vibe of a five-star, £750-a-night hotel suite. To Hempelise, in this case, a modest conversion flat formed from the middle slice of a three-storey Victorian semi.
"You could do it," she says, casting an eye around my kitchen. "Anyone could do it. Absolutely no reason why not. But there has to be continuity between the rooms. A single idea must be followed through." She looks out wistfully over the fire escape. "And you'd have to buy the house next door, of course." That's a joke. I think.
...
It's worth pausing, though, to consider the oddness of this impulse. The hotel room is an amnesiac space. We would be troubled if it bore any sign of a previous occupant, particularly as many of us go to hotels in order to do things we would not do at home. We expect a hotel room to be cleaned as thoroughly as if a corpse had just been hauled from the bed. (In some cases, this will actually have happened.) The domestic interior embodies the opposite idea: it is a repository of memories. The story of its inhabitants ought to be there in the photos on the mantelpiece, the pictures on the wall, the books on the shelves. If hotel rooms were people, they would be smiling lobotomy patients or plausible psychopaths. | The winning entry has been announced in this pair.There were 5 entries submitted in this pair during the submission phase. The winning entry was determined based on finals round voting by peers.
Competition in this pair is now closed. | Hier in Londen SE26 is ons gewoond aan glitterati: Kelly Brook en Jason Statham het op 'n tyd bokant die tandards gewoon. Maar toe Anouska Hempel se hoëhakskoene op die gekraakte sement van die parkeerterrein buitekant my woonstel grondvat, was dit moeilik om nie herinner te word nie aan daardie foto's in die Picture Post van die lede van die koningshuis wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gesinne besoek het wat deur bomaanvalle uit hulle huise verdryf is. Die doel van haar beoek aan my beskeie voorstedelike buurt was egter meer as om te simpatiseer. Hempel - die vrou wat die boetiekhotel uitgedink het nog voordat dit so 'n eiendomsregtelike betiteling gekry het - het opgedaag om my inligting te gee waarna, te oordeel aan die artikels in binnehuisversieringstydskrifte en bekommerde navrae op aanlyn-selfdoenforums, die helfte van die Westerse wêreld se huiseienaars desperaat op soek is: hoe om 'n gewone tuiste die voorkoms en gevoel van 'n vyfsterhotelsuite teen R10 000 per nag te gee. Hoe om, in hierdie geval, 'n beskeie woonstel wat oorspronklik die middelste verdieping van 'n Victoriaanse drieverdieping-skakelhuis was, te hempeliseer. "Jy sou dit kan doen," sê sy, terwyl sy my kombuis deurkyk. "Enigeen sou dit kan doen. Absoluut geen rede hoekom dit nie gedoen kan word nie. Maar daar moet kontinuïteit tussen die kamers wees. Een enkele idee moet deurgaans gevolg word." Sy kyk verlangend oor die brandtrap. "En jy sal natuurlik die huis langsaan moet koop." Grappie. Dink ek. .... Dis nietemin die moeite werd om oor die eienaardigheid van hierdie ingewing te besin. 'n Hotelkamer is 'n kamer van vegetelheid. Ons sou omgekrap wees as daar enige tekens van 'n vorige bewoner was, veral aangesien baie van ons hotel toe gaan om dinge te doen wat ons nie tuis sou doen nie. Ons verwag dat 'n hotelkamer so deeglik skoongemaak moet word asof daar pas 'n lyk uit die bed gesleep is. (In sommige gevalle sal dit inderdaad gebeur het). DIe huishoudelike binneruimte beliggaam egter die teenoorgestelde gedagte: dis 'n stoorplek van herinneringe. Die lewensverhaal van die bewoners behoort teenwoordig te wees in die foto's op die kaggelrak, die prente teen die muur en die boeke op die boekrak. As hotelkamers mense was, sou hulle glimlaggende lobotomiepasiënte of oortuigende psigopate wees. | Entry #14077 — Discuss 1
Winner Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
12 | 3 x4 | 0 | 0 |
| Ons is gewoond aan glans in Londen SE26: Kelly Brooke en Jason Stratham het bo die tandarts gebly. Maar toe Anouska se hakke die gebarste sement van die parkeerruimte buite my woonstel tref, was dit moeilik om nie te dink aan daardie Picture Post fotos van koninklikes op besoek aan die uitgebombardeerde gesinne gedurende die tweede wêreldoorlog nie. Haar sending in my beskeie voorstedelike area gaan egter oor meer as om meelewing te toon. Hempel – wat die boetiekhotel uitgevind het nog voordat dit so ‘n patentregtelike naam gedra het – het vir my inligting gebring waarvoor, te oordeel aan die uitgebreide artikels in tydskrifte oor binnenshuisversiering en gretige aanlynpublikasies op doen-dit-self forums, die helfte van die Westerse wêreld se eiendomsbesitters desperaat blyk te wees: hoe om aan ‘n gewone huis die voorkoms en stemming van ‘n vyfster, £750-per -nag hotel suite te gee. Om te Hempaliseer, in hierdie geval ‘n beskeie omskepte woonstel gevorm van die middelste deel van ‘n drieverdieping Victoriaanse skakelhuis. “Jy kan dit doen,” sê sy, en gooi haar oog oor my kombuis. “Enigeen kan dit doen. Absoluut geen rede hoekom nie. Maar daar moet kontinuïteit wees tussen die kamers. ‘n Enkele idee moet deurgevoer word.” Sy kyk peinsend uit oor die brandtrap. “En jy sal natuurlik ook die huis langsaan moet koop.” Dis ‘n grap. Dink ek. … Maar dis die moeite werd om stil te word en oor die vreemdheid van hierdie impuls na te dink. Die hotelkamer is ’n ruimte sonder geheue. Ons sou besorgd gewees het as daar enige teken was van ‘n vorige bewoner. Veral aangesien baie van ons na ‘n hotel toe gaan ten einde goed te doen wat ons nie by die huis sou doen nie. Ons verwag dat ‘n hotelkamer so deeglik skoongemaak moet word asof daar pas ‘n lyk van die bed af verwyder is. (In sommige gevalle sou dit wel gebeur het). Die huislike interieur vergestalt die teenoorgestelde idee: dit is ‘n stoorplek vir herinneringe. Die verhaal van sy inwoners behoort daar te wees in die fotos op die kaggel, die prente teen die muur, die boeke op die boekrakke. As hotelkamers mense sou wees, sou hulle glimlaggende lobotomiepasiënte of gladdemond psigopate wees.
| Entry #13432 — Discuss 0
Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
9 | 2 x4 | 0 | 1 x1 |
| London SE26 is bekend as ‘n area met glans en opwinding : Kelly Brook en Jason Statham het immers bokant die tandarts daar gewoon. Maar toe Anouska Hempel se hakke die verweerde sement van die parkeerplek buite my woonstel tref, toe is dit moeilik om nie aan die Picture Post se foto’s van die koninklikes op besoek aan die gesinne wat hul huise in bomaanvalle in die Tweede Wêreldoorlog verloor het, te dink nie. Sy besoek egter nie my nederige voorstedelike omgewing om meegevoel te betuig nie. Hempel— dis nou die vrou wat boetiek-hotelle die lig laat sien het – lank voordat dit hierdie naam gekry het – het my kom raad gee oor hoe om ‘n gewone blyplek soos ‘n vyfster £750-‘n-nag-hotelsuite te laat lyk en te laat voel. Iets wat volgens interieur-tydskrifte en koorsagtige invoere op aanlyn doen-dit-self-forums, die helfte van eiendom-eienaars in die Westelike wêreld desperaat is om inligting oor te kry. Om in hierdie geval ‘n eenvoudige woonstel wat voorheen die middelste deel van ‘n drie-verdieping Victoriaanse semi was, te Hem-peliseer "Dit kan gedoen word," sê sy, terwyl sy haar oog oor my kombuis laat gaan. "Enigeen sal dit kan doen. Absoluut geen rede waarom nie. Maar die vertrekke moet bymekaar aansluit. Een idee moet deurgaans gevolg word." Sy kyk weemoedig na die brandtrap. "En jy sal die huis langsaan moet koop - vanselfsprekend." Dit is ‘n grap – dink/hoop ek... Dis egter die moeite werd om hierdie vreemde gedagte te oordink. Die hotelkamer is ‘n ruimte sonder enige verwysing na ‘n vorige inwoner. Ons besoek juis ‘n hotel om dinge te doen wat ons nie by die huis sou doen nie. Ons verwag dat ‘n hotelkamer so deeglik aan die kant gemaak sal word asof ‘n lyk nou net uit die bed gehaal is. (In party gevalle mag dit werklik die geval wees.) Die binnekant van ‘n huis vergestalt die teenoorgestelde: hier word herinneringe gebêre. Die verhaal van sy bewoners behoort sigbaar te wees: die foto’s op die kaggelrak, die prente teen die muur, die boeke in die boekrak. Indien hotelkamers mense was, sou hulle glimlaggende lobotomie-pasiënte of innemende psigopate gewees het.
| Entry #14318 — Discuss 0
Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
8 | 1 x4 | 1 x2 | 2 x1 |
| Ons is gewoond aan glans in London SE26: Kelly Brook en Jason Statham het immers bo die tandarts gewoon. Maar toe Anouska Hempel se hakke die gekraakte sement van die parkeerspasie buite my woonstel tref, was dit moeilik om nie te dink aan daardie poskaart foto’s van die koninklikes wat die gebombardeerde families tydens die Tweede Wêreld Oorlog besoek het nie. Haar misie in my beskeie voorstad, het egter oor meer gegaan as om simpatie aan te bied. Hempel – die vrou wat die boutique hotel bedink het voordat dit ‘n gapatenteerde naam gekry het – het vir my informasie kom gee waarvoor, te oordeel aan die dubbelblaaie in binnenshuise versiering tydskrifte en angstige plasings op aanlyn DIY forums, die helfte van eiendom eienaars in die Westerse wêreld desperaat was: hoe om aan ‘n gewone huis die aansien en aura van ‘n vyf-ster, £750-‘n-nag hotel suite te gee. Om in dié geval, ‘n beskeie skakelwoonstel wat die middelste gedeelte van ‘n drie-verdieping Victoriaanse semi uitmaak, te Hempeliseer. “Jy kan dit doen,” sê sy, terwyl sy my kombuis bekyk. “Enigiemand kan dit doen. Absoluut geen rede waarom nie. Daar moet egter kontinuïteit tussen die kamers wees. ‘n Enkele tema moet dwarsdeur gevolg word.” Sy kyk nadenkend oor die brandtrap uit. “En jy sal natuurlik die huis langsaan moet koop.” Dis ‘n grap. Dink ek. … Dit is wel die moeite werd om die vreemdheid van hierdie idee te oorweeg. Die hotelkamer is ‘n ruimte sonder geheue. Ons sal ontsteld wees as dit enige teken van ‘n vorige inwoner vertoon, veral omdat baie van ons na hotelle toe gaan om dinge te doen wat ons nooit tuis sal doen nie. Ons verwag dat ‘n hotelkamer so deeglik skoongemaak moet word asof daar so pas ‘n lyk van die bed afgesleep is. (In sommige gevalle, sou dit wel regtig gebeur het.) Die huislike binneruimte vergestalt die teenoorgestelde idee: dit is ‘n plek van bewaring van herinneringe. Die verhaal van sy inwoners moet gesien kan word in die foto’s bo die kaggel, die prente teen die muur, die boeke op die rakke. As hotelkamers mense was, sou hulle glimlaggende “lobotomy” pasiënte, of moontlike psigopate wees. | Entry #14113 — Discuss 0
Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
6 | 0 | 3 x2 | 0 |
| Ons is gewoond aan die bekoring van Londen SE26: Kelly Brook en Jason Statham het bokant die tandarts gebly. Toe Anouska Hempel se hakke egter op die gekraakde sement van die parkeerarea buite my woonstel val, was dit moeilik om nie aan daardie Picture Post-foto’s te dink van koninklikes wat uitgebombardeerde families gedurende die tweede Wêreldoorlog besoek het nie. Haar doel in my beskeie voorstedelike gebied behels egter meer as om bloot medeleie aan te bied. Hempel is die vrou wat die boetiekhotel uitgevind het nog voordat dit enigsins ‘n gelyke titel gedra het. Sy is nietemin hier om aan my inligting te gee waarvoor die helfte van eiendomsmagnate in die Westerse wêreld hul voortande sou gee as jy die inhoud van binnenshuise tydskrifte en angstige plasings op selfdoenforums in aanmerking neem: Hoe om ‘n gewone tuiste die voorkoms en karakter van ‘n vyfster, £750 per nag hotelsuite te gee. Vir Hempel in dié geval behels dit ‘n beskeie omwisseling van my woonstel na aanleiding van die middelsnit van ‘n drieverdieping, half-Victoriaanse struktuur. “Jy kan dit doen,” sê sy terwyl sy my kombuis bespeur. “Enigeen kan dit doen. Absoluut geen rede hoekom nie, maar daar moet kontinuiteit tussen die kamers wees. ‘n Enkele idee moet regdeur gevolg word.” Sy kyk weemoedig oor die brandtrap. “En jy sal die huis langsaan moet koop, natuurlik.” Dis ‘n grap, dink ek... Dis egter die moeite werd om stil te staan en die aardigheid van hierdie impuls te oorweeg. Die hotelkamer is ‘n spasie gepas vir ‘n geheueverlieslyer. Ons sou bekommerd wees indien dit enige tekens van ‘n vorige bewoner sou gee, veral omdat baie van ons hotelle besoek omrede ons sekere dinge graag daar wil doen wat ons normaalweg nie by die huis sou gedoen het nie. Ons verwag dat ‘n hotelkamer baie deeglik skoongemaak moet word asof ‘n lyk pas vanaf die bed gesleep is. (In sekere gevalle, sou dit in werklikheid gebeur het.) Die binnekant van ‘n huis weerspieël die teenoorgestelde: dit is ‘n bewaarplek van herinneringe. Die verhaal van sy inwoners behoort in die foto’s van die skoorsteenmantel, die foto’s op die muur en die boeke op die rakke te wees. As hotelkamers mense was, sou hulle glimlaggende breinchirurgie-pasiënte of aanneemlike psigopate gewees het. | Entry #14143 — Discuss 0
Voting points | 1st | 2nd | 3rd |
---|
3 | 0 | 1 x2 | 1 x1 |
| | | | | X Sign in to your ProZ.com account... | | | | | | ProZ.com translation contestsProZ.com translation contests offer a fun way to take a break from your normal routine while testing and honing your skills with fellow translators.
ProZ.com Translation Contests. Patent pending. |